My lewensveranderende ervaring in die Vatikaan-biblioteek

Neels het die volgende agtergrond oor sy aanbieding gegee:
Ek en my vrou was in April 2016 in Rome en het die Vatikaan-biblioteek besoek.
Dit is nie 'n openbare biblioteek nie en word uitsluitlik deur die pous gebruik. My belangstelling was om, indien moontlik, die werke van Flavius Josephus (35 nC – 100 nC, 'n tydperk van erge slawerny) te lees.
Ek was nie suksesvol hierin nie, maar ek het wel 600 jaar-oue opsommings van sy werk gevind, handgeskrewe deur ses verskillende priesters/monnike, om te lees.
Dit was nog steeds 'n baie spesiale ervaring. Ek het ook 'n groot belangstelling in meubels en meubelmaak – die Vatikaan is boordens toe vol met die mooiste meubels.