Veertig jaar van SA Genealogie – Besinning oor die verlede en toekoms

Dr Keith Meintjes het ‘n BSc en MSc (Ingenieurswese) aan die Universiteit van die Witwatersrand behaal, en MA en PhD aan Princeton Universiteit.
In sy 40 jaar van navorsing het hy onder andere die Meintjes-familiegeskiedenis herpubliseer en navorsing oor die Wahl- en Watney- en verskeie ander families in Suid-Afrika gedoen. Hy het talle artikels in Familia, Capensis en Genesis publiseer.
Keith is medestigter van die eGGSA virtuele tak. In 2019 is hy tot 'n genoot van die GSSA verkies; dit is 'n uitsonderlike eer, wat slegs 21 keer in die vorige 50 jaar toegeken is.
Hy het oor vier dekades genealogiese publikasies versamel en 'n goeie biblioteek van Suid-Afrikaanse materiaal gebou. In 2015 het hy meer as 350 fisiese publikasies en baie digitale items aan die Allen County Public Library in Fort Wayne, Indiana, VSA geskenk. Dit is sekerlik die beste versameling oor Suid-Afrikaanse genealogie buite Suid-Afrika.
Keith was by ander Suid-A frikaanse genealogiese projekte betrokke en dit sluit die befondsing vir die digitalisering van die Olifant- en Renoster-projekte in. Hy het studente in Stellenbosch ondersteun om 400 ou Bybels by die NGK-argief te katalogiseer. Huidige projekte sluit die digitalisering en katalogisering van die oudste foto's in die NGK-argief in. Hy ondersteun ook studies aan die Universiteit Stellenbosch oor die ekonomiese kragte wat setlaars en slawe in die ou Nederlandse Kaapkolonie affekteer het.